

Amanda de Stadler
Waarom woordeboeke, en veral gedrukte woordeboeke?
Woordeboeke in die klaskamer Hier is 'n paar feite in antwoord op bg. vraag. Feit 1 (eintlik drie feite in een): Hoe meer woorde jy ken, hoe beter kan jy jouself uitdruk. Hoe meer woorde jy ken, hoe beter verstaan jy die wêreld. Hoe meer woorde jy ken, hoe beter en makliker kan jy leer. Feit 2: Wanneer jy 'n gedrukte woordeboek oopslaan op soek na 'n woord, word jy oorspoel met woorde op die res van die bladsy en op die teenoorstaande bladsy, woorde wat jy dalk nie ken nie, a


Leon de Stadler
Die poësie in woordeboeke
“I was reading the dictionary, I thought it was a poem about everything”
- Steven Wright Tydens die herbewerking van die Tesourus van Afrikaans het ek dikwels die gevoel gekry dat van die tesourusartikels byna soos poësie lees - veral as jy dit nog hardop doen ook - en dit het my laat dink aan Steven Wright se uitspraak. Terloops Wright is nie 'n leksikograaf of 'n digter nie, hy is 'n komediant (miskien sy bekendste rol), skrywer, akteur en regisseur wat al 'n


Leon de Stadler
Name vir allerhande goeters
- uit die Tesourus van Afrikaans (Pharos) 'n Tesourus word nie net gebruik om sinonieme te soek nie. Verskillende leksikale verhoudings word in 'n tesourus uitgestal, waarvan sinonimie maar net een is. Dink daarnaas ook nog aan antonimie (teenoorgesteldheid), meronimie (die deel-geheel-verhouding; vinger is 'n meroniem van die holoniem hand) of hiponimie (die verhouding waarin subtipes van 'n tipe benoem word; leeu en luiperd is hiponieme van roofdier). Dis op laasgenoemde ve
Leon de Stadler
Begrippe of konsepte wat baie spreekwoorde met hulle geassosieer het
Hierdie oefening is 'n oefening in nadenke en is veral bedoel vir senior leerders. As mens die indeks van Spreekwoorde en ander segswyses bekyk, sien jy die alfabetiese lys van begrippe of konsepte en die spreekwoorde wat met hulle geassosieer word. 'n Nadere analise bring aan die lig dat daar sommige begrippe of konsepte is wat veel meer spreekwoorde onder hulle gelys het as ander. Lees, wat hierdie verskynsel betref, ook die blog Dat 'n indeks nou tog só interessant kan wee


Leon de Stadler
Dat 'n indeks nou tog só interessant kan wees!
- die indeks van Spreekwoorde en ander segswyses Spreekwoorde en ander segswyses (Pharos) het onlangs verskyn en bevat onder andere 'n indeks van begrippe of konsepte wat 'n belangrike toegangsroete bied tot die spreekwoorde in die woordeboek en wat nogal op vreemde maniere interessante leesstof bied. Die indeks werk so: In die hoofteks word elke spreekwoord aangebied onder 'n trefwoord met 'n definisie, die aangawe van 'n Engelse ekwivalent(e) of 'n Engelse verklaring, en ee
Leon de Stadler
'n Storie gebou met spreekwoorde
Hierdie oefening stimuleer kreatiwiteit en moedig leerders aan om 'n bietjie rond te delf in 'n spreekwoordeboek. Die opdrag is iets soos: Kan jy iets vertel deur byna uitsluitlik van spreekwoorde gebruik te maak? Deel die leerders in klein groepies in en nadat jy vir hulle gewys het hoe 'n spreekwoordeboek soos Spreekwoorde en ander segswyses werk (bv. hoe jy die indeks van die woordeboek aanwend om by 'n spreekwoord uit te kom), vra jy hulle om 'n eenvoudige vertelling te b


Leon de Stadler
Waarom woordeboeke?
Waarom moet ons woordeboeke hê - ek kan tog deesdae alles google wat ek wil weet? Waarom moet ons ons kinders van woordeboeke leer, hulle leer tog hulle taal algaande aan? Hoekom op dees aarde sal ek 'n woordeboek koop as ek liewer 'n lekker storieboek kan koop? Waarom kry woordeboeke so min aandag, ook in ons kinders se opvoeding en op skool? Is dit nodig dat hulle nog van woordeboeke óók moet leer? Die goed is mos daar as mens dit nodig het, en buitendien kan ek alles op di


Amanda de Stadler
Taal is tolvry
Wanneer begin mens 'n kind leer van die waarde van woorde? Mens benoem dinge vir 'n baba reeds lank voordat hulle kan praat. Hulle leer dus sommer gou en intuïtief dat alles 'n naam het, dat alles gekoppel is aan 'n woord. Teen skoolgaande ouderdom het elke kind sy/haar eie arsenaal van woorde, natuurlik afhangende van elkeen se blootstelling en ervaring. Hoe meer woorde 'n kind teen skoolgaande ouderdom ken, hoe makliker gaan hy/sy leer. Hoe kan 'n woordeboek soos die Tesour