top of page
  • Amanda de Stadler

Taal is tolvry



Wanneer begin mens 'n kind leer van die waarde van woorde?

Mens benoem dinge vir 'n baba reeds lank voordat hulle kan praat. Hulle leer dus sommer gou en intuïtief dat alles 'n naam het, dat alles gekoppel is aan 'n woord.


Teen skoolgaande ouderdom het elke kind sy/haar eie arsenaal van woorde, natuurlik afhangende van elkeen se blootstelling en ervaring. Hoe meer woorde 'n kind teen skoolgaande ouderdom ken, hoe makliker gaan hy/sy leer.


Hoe kan 'n woordeboek soos die Tesourus van Afrikaans benut word om kinders bewus te maak van die groot hoeveelheid woorde wat daar is en wat tot hulle beskikking is?


Die woord tesourus beteken "skatkis", en in hierdie tipe woordeboek word die woorde gerangskik volgens die dinge, handelinge en eienskappe wat hulle benoem, soos hier by die eienskap GOED/UITSTEKEND.

Hoe vol is jou woordeskatkis? Deur vir elke kind sy/haar eie woordeskatkis te maak wat met die kind se eie woorde gevul word, word hulle gou bewus van die belang daarvan, en is dit ook sommer 'n prettige aktiwiteit. Dit kan selfs 'n wedstryd afgee.


Woorde is gratis; mens hoef dit nie te koop nie. Jy kan soveel woorde versamel as wat jy wil. Hoe meer woorde jy het, hoe ryker is jou woordeskat. Hoe meer woorde jy ken, hoe beter kan jy jouself uitdruk, hoe beter kan ander mense jou verstaan, hoe beter kan jy boeke verstaan, hoe beter kan jy leer.


'n Fisiese woordeskatkis ('n skoendoos of enige houer waarin elkeen se woorde gebêre word) kan soos wat die kind ouer word, verander in 'n lys/boek. Elke klas/graad kan 'n pasgemaakte lys hê wat deur die onderwyser of klasleier bygehou word namate die woordeskat toeneem.


Die volgende logiese stap is dat leerders kennis neem van die feit dat woorde in woordeboeke opgeskryf word en dat 'n mens daar na hulle kan soek as jy onseker is oor aspekte soos hulle betekenisse of spelling. Mens wys hulle daarop dat die woorde in hulle persoonlike woordeskatkis op verskillende maniere in verskillende soorte woordeboeke opgeskryf (opgeneem) kan word. So leer hulle dan van verklarende woordeboeke, vertalende woordeboeke, spreekwoordeboeke, vakwoordeboeke en tesourusse en hoe hulle gebruik word.




Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page