top of page
  • Amanda de Stadler

As mens deur Spreekwoorde en ander segswyses blaai



Hier is nog 'n paar idees rakende die hantering van 'n spreekwoordeboek in die klaskamer.


1. Diere speel nogal 'n groot rol in ons leefwêreld, en dit blyk onder andere uit die groot hoeveelheid spreekwoorde wat met diere te make het. Gaan kyk byvoorbeeld onder die trefwoord perd. Daar is 32 spreekwoorde met die woord perd daarin.

  • Skryf 'n paragraaf en gebruik ten minste 6 van hierdie spreekwoorde op 'n sinvolle manier.

  • Skryf 'n kort spanningsverhaal waarin jy die uitdrukking Trojaanse perd gebruik.

2. Gaan na die trefwoord koei. Daar is 10 spreekwoorde oor koeie.

  • Hoe kan jy op 'n idiomatiese manier vir jou ma sê dat die melk op is?

  • Watter een van hierdie spreekwoorde kan jy gebruik as jy wil hê iemand moet ophou om oor iets pynliks wat gebeur het, te praat? (Vind dan sommer ook uit wat 'n grag en 'n polder is.)

3. Gaan na die trefwoorde ouvroustories en ouwywepraatjies.

  • Wat beteken dit? Wat is seksisme? Hoekom is hierdie woorde seksisties? Weet jy wat is chauvisme? Interessant dat daar 30 spreekwoorde met die trefwoord man daarin is, maar net 4 by die trefwoord vrou. Waarom? Dit is 'n heerlike onderwerp vir 'n debat of 'n betogende opstel.

4. Heelwat van die spreekwoorde het verklarende aantekeninge in 'n gekleurde teksboks onderaan.

  • Gaan na die trefwoord Ferreira (Vat jou goed en trek, Ferreira). Lees die inligting – nou weet jy ook sommer waar kom die bekende liedjie vandaan!

  • Gaan lees ook waar die woord donkiejare vandaan kom. Afrikaanssprekendes het hulle aan hulle neuse laat rondlei, net soos diere wat aan 'n neusring rondgelei word.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page