

Leon de Stadler
Waar kom hierdie spreekwoord of segswyse vandaan?
Op 'n reënerige dag tuis of in die klaskamer kan Spreekwoorde en ander segswyses met groot vrug ontgin word. Kom ons neem die spreekwoord te dik vir 'n daalder as voorbeeld. Wys vir die leerder dat Spreekwoorde agterin 'n uitgebreide lys konsepwoorde bevat (Afrikaans en Engels) wat hulle lei na die spreekwoorde en ander segswyses. Of anders kan die alfabetiese trefwoorde voor in die boek gebruik word as jy 'n idee het waarna jy soek. Om dus die spreekwoord Dis 'n bietjie (of


Amanda de Stadler
'n Skatkis vol wenke en idees vir die klaskamer
Die wenke wat hier aangebied word, moet uiteraard aangepas word met inagneming van die behoeftes en vaardighede van die leerders Elke leerder hou sy eie, persoonlike woordeskatlys by. Jonger leerders kan hulle eie klein skatkissie uit bv. 'n skoendoos maak en elke nuwe woord wat hy of sy leer ken, daarin bêre. Daar kan ook woordeskatlyste vir elke klas bygehou word. Laat leerders onderstreepte woorde in sinne vervang met verwante woorde wat hulle in die Tesourus naslaan. Voor

Amanda de Stadler
Spreekwoorde kan tot ure se pret lei
Soek idiome wat jy kan gebruik om byvoorbeeld iemand wat parmantig is, te beskryf. Daarvoor gaan jy na die Afrikaanse indeks agter in Spreekwoorde en onder die konsep parmantig (in vetdruk) kry jy die volgende trefwoorde van die spreekwoorde wat jy moontlik sal kan gebruik: haan 13, hardegat, hardekoejawel, hardekwas, kaal 2, kaiing 5, kalkoenmannetjie, kapokhaantjie, nek 6, parmantig, slimjan, stert 7, wys 3, wysneus. Onder die trefwoord haan 13 wat alfabeties voor in die bo


Leon de Stadler
Woeker met Woordeboeke - 'n Nuwe diens vir onderwysers en ouers
Die webblad Woeker met Woordeboeke (https://www.leondestadler.com/woeker-met-woordeboeke) is 'n gratis diens wat die waarde en gebruik van woordeboeke wil profileer. Die webblad is veral bedoel vir ouers en onderwysers wat 'n sterk sentiment het oor hulle kinders se taalontwikkeling en taalvaardigheid. Die indruk wat ek soms kry, is dat woordeboekopvoeding dalk te min aandag ontvang, beide in ons skole en ook tuis. In 'n ideale wêreld sou mens verwag dat daar in elke huisho

Leon de Stadler
Daar is selfs 'n dag vir tesourusse - 18 Januarie
Op 18 Januarie 1770 is Peter Mark Roget gebore. Hy sou uiteindelik 'n medikus word, maar vandag is hy steeds beroemd omdat hy na sy aftrede in 1840 sy bekende Roget's Thesaurus of English words and phrases saamgestel het. Sy tesourus is in 1852 die eerste keer gepubliseer en sou uiteindelik die bekendste tesourus van alle tye word. Daarom word die tesourus as woordeboektipe elke jaar op 18 Januarie gevier. Maar Roget se tesourus is beslis nie die oudste nie. Oor die oudste t