top of page
  • Leon de Stadler

Daar is selfs 'n dag vir tesourusse - 18 Januarie


Op 18 Januarie 1770 is Peter Mark Roget gebore. Hy sou uiteindelik 'n medikus word, maar vandag is hy steeds beroemd omdat hy na sy aftrede in 1840 sy bekende Roget's Thesaurus of English words and phrases saamgestel het. Sy tesourus is in 1852 die eerste keer gepubliseer en sou uiteindelik die bekendste tesourus van alle tye word. Daarom word die tesourus as woordeboektipe elke jaar op 18 Januarie gevier.


Maar Roget se tesourus is beslis nie die oudste nie. Oor die oudste tesourus bestaan daar twyfel, en daar word in talle bronne beweer dat dit dalk die woordeboek van die Griekse wysgeer en grammatikus Philo van Biblos uit die 1ste of 2de eeu n.C. was.


Die woord tesourus kom van die Grieks thēsauros wat "skatkis, skatkamer" beteken.

Afrikaans het sy eie tesourus, Tesourus van Afrikaans (Pharos), en op 18 Januarie het Afrikaanssprekendes sekerlik die reg en die voorreg om ook die skatkis van hulle taal te vier!


Toe Roget sy eerste tesourus gemaak het, het dit maar 15 000 woorde en frases bevat, wat ingedeel is in ses hoofkategorieë. Natuurlik het die woordeboek oor die jare talle herbewerkings beleef, en as jy die nuutste weergawe aankoop, kry jy te doen met 'n woordeboek met behoorlike substansie.


Die Tesourus van Afrikaans bevat op die oomblik meer as 140 000 woorde en uitdrukkings wat in tien hoofkategorieë en 855 subkategorieë ingedeel is. Talle tale van die wêreld het 'n eie tesourus, en sekerlik die omvangrykste een is die Historical Thesaurus of the Oxford English Dictionary, met meer as 800 000 woorde en uitdrukkings.


Die blogblad op www.leondestadler.com bevat meer inligting oor tesourusse en hulle gebruik.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page