Leon de Stadler
Afrikaans in ander hande
Op 12 April 2018 het ek 65 geword. 'n Besondere viering sal mense sê, 'n dag waarop jy sekerlik een of ander groot partytjie sal hou waar verskillende mense allerlei rare dinge oor jou sê in toesprake wat mens soms bietjie sweterig laat. Maar ek het anders gedink. Op dieselfde dag het Amanda, my vrou, en haar kollega, Chareldine van der Merwe, een van hulle boektrommelprojekte uitgevoer in Ceres waar trommels uitgedeel sou word, werkswinkels oor leesontwikkeling gehou sou wor