top of page
  • Leon de Stadler

Nuwe Afrikaanse woordeboek pas uit!


'n Heerlike nuwe woordeboek oor Afrikaans se spreekwoordeskat, Spreekwoorde en ander segswyses, het pas verskyn. Die woordeboek is beskikbaar in boekwinkels, maar kan ook aangekoop word by die volgende aanlynomgewings:


Exclusive Books: https://www.exclusivebooks.co.za/product/9781868902194 (no cover - will prompt)


Dit is die derde hersiene uitgawe van dr Anton Prinsloo se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom, en met hierdie hersiening wil ons graag al die eer bring aan Anton vir die enorme werk wat hy oor baie jare vir Afrikaans gedoen het.


Die woordeboek bevat 1 400 nuwe inskrywings, maar is verder aansienlik vernuwe met 'n groter seleksie van Engelse ekwivalente en 'n ryk versameling lektiese gevalle uit die variëteite van Afrikaans, spreekwoorde soos Iemand vlak blaai (iemand onderskat), Iemand het nie brieke nie (iemand weet nie wanneer om op te hou nie), Dala wat jy moet (doen wat jy moet doen), en nog vele meer.


Elke spreekwoord-inskrywing bevat 'n trefwoord waaronder die spreekwoord gevind kan word, die spreekwoord self, 'n betekenisverklaring, 'n Engelse ekwivalent/ekwivalente of 'n Engelse verklaring (in sommige gevalle albei), en die konsep (begrip) wat met die spreekwoord geassosieer word. In sommige gevalle word daar ook verklarende aantekeninge by 'n spreekwoord aangebied.


Die Afrikaanse en Engelse indekse is ook verbeter, onder andere deur meer konsepte op te neem, sodat dit makliker word om 'n gepaste uitdrukking te vind wat 'n bepaalde konsep belig. Die toeligting van die woordeboek is ook verbeter deur meer gerigte detail aan te bied oor die gebruik van die woordeboek.


"Ons spreekwoordeskat verraai 'n rykdom van kennis oor ons geskiedenis, waar ons vandaan kom, wat vir ons belangrik was en steeds is, en dit verraai hoe kompleks en verweef die menslike leefwêreld is. Dit is 'n stuk kulturele rykdom wat miskien meer aandag verdien as wat dit in ons moderne era kry. 'n Lewe sonder spreekwoorde is voorwaar 'n armer lewe." (uit die Voorwoord)



Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page