top of page
  • Leon de Stadler

Die poësie in woordeboeke


 

“I was reading the dictionary, I thought it was a poem about everything” - Steven Wright

 

Tydens die herbewerking van die Tesourus van Afrikaans het ek dikwels die gevoel gekry dat van die tesourusartikels byna soos poësie lees - veral as jy dit nog hardop doen ook - en dit het my laat dink aan Steven Wright se uitspraak. Terloops Wright is nie 'n leksikograaf of 'n digter nie, hy is 'n komediant (miskien sy bekendste rol), skrywer, akteur en regisseur wat al 'n Oscar en 'n paar Emmy's losgeslaan het en wat oor die jare bekend geraak het vir allerhande uitsprake en ander sêgoed.


Luister na die poësie van ons plantname (met 'n paar "bindwoorde" ingevoeg) - en lees dit liefs hardop voor 'n spieel:


aandpypie, aasblom, agapant, anemoon bobbejaantjie, draaibos, akelei, balsemie agretjie, fluweeltjie, met ons eie gladiool katbos, kambro, kammetjie, en ramenas karlienblom, kalossie, kapokblom, nuttige lupien kruisblom, madeliefie, mooie magriet pioenroos, protea, petunia, pimpernel skaamblom, sewejaartjie, en die stywe siklaam katoog, skaamroos, maar ook trots-van-franschhoek en vergeet-my-nie van die skaam nooientjie-in-die groen

Tesourus van Afrikaans is te koop in boekwinkels, en kan ook aanlyn bestel word by









Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page